7 Maart 2019
Hoewel dit nooit wys is om skuld aan te gaan as jy nie die terugbetalings kan bekostig nie, kan sekere tipes skuld eintlik finansieel voordelig wees oor die lang termyn. As jy weer om ’n lening aansoek doen of ’n kredietfasiliteit gebruik, is dit die moeite werd om te weet of jy goeie of slegte skuld aangaan.
Die eerste stap in slim finansiële beplanning is om te weet wat die verskil tussen goeie en slegte skuld is. Die beste is egter om eers met jou finansiële adviseur te gesels, voordat jy enige skuldverwante besluite neem.